VKB Group

VKB Group The VKB Group is an agricultural company, providing support to farmers and producing straight-from-the farm-foods for consumers.

Apart from the various consumer brands, the VKB Group is also represented by its regional brands: VKB, GWK and NTK. Our roots are firmly planted in agriculture with farming at our core, continuously growing and evolving throughout the years. Starting with providing everything needed on the farm to produce food, we now also operate in all areas of the food supply chain: processing, logistics, and n

ational and global market channels. This “house of brands” we’ve established with the support of our farmer shareholders is the foundation for building the agribusiness of the future.

Vanjaar se internasionale Vrouedag-tema is  .Aan al die vroue wat elke dag van hulself gee, hulle gawes deel en ’n versk...
09/08/2026

Vanjaar se internasionale Vrouedag-tema is .

Aan al die vroue wat elke dag van hulself gee, hulle gawes deel en ’n verskil maak : Gelukkige Vrouedag!

Baie geluk aan die VKB Meganisasie-span wat deur CNH Industrial AG & CE as Precision Tech Dealer of the Year aangewys is...
08/08/2026

Baie geluk aan die VKB Meganisasie-span wat deur CNH Industrial AG & CE as Precision Tech Dealer of the Year aangewys is.

Hierdie toekenning weerspieël die vertroue wat produsente in ons presisielandbou-oplossings stel.

Die oorhandiging het by die 2026 CNH Precision Tech Sniper Training op NAMPO Park in die Vrystaat plaasgevind.

’n Groot dankie aan ons kliënte en vennote wat deel is van hierdie suksesverhaal.

📷 Nico Myburgh, Hoof van Presisie by CNH, en Jaco Els, Heelgoedere-bemarker van Pietersburg

08/08/2026

Sandleem Studiegroep - Villiers het ’n Ou Trekkerdag by die VKB Villiers-silo aangebied, waar ou trekkers en waens die kollig gesteel het.

Gemeenskapslede is genooi om ’n vrag met hul oudste trekker te kom lewer en saam Villiers se landbou-erfenis te vier.

Die dag het produsente, families en plaaslike landbou-entoesiaste bymekaargebring om stories, herinneringe en kennis oor dié ou staatmakers te deel.

Congratulations to Phophi Simon Raletjena from Terveen, Limpopo, on being named the PCS Rising Star Award 2026 recipient...
07/08/2026

Congratulations to Phophi Simon Raletjena from Terveen, Limpopo, on being named the PCS Rising Star Award 2026 recipient.

Awarded by the Potato Certification Service (PCS), this honour recognises outstanding emerging seed potato producers who consistently achieve excellence in certified seed potato production.

Raletjena's journey from a small-scale potato farmer to an award-winning commercial producer reflects remarkable dedication and perseverance in agriculture.

07/08/2026

Alles wat jy oor landbou wil weet, is net een kliek weg.

Op news.vkbgroup.co.za kry jy gratis toegang tot stories oor mense, wetenskap, navorsing en die VKB Groep.

Begin met van ons gewilde stories:

• Nuwe CASE IH AF9-stroper in aksie by Franshoek Boerevereniging-stroopdag

• Hannes Bekker: Geduld, groei en die goue oes van die Oos-Kaap

• Innovasie dryf Jac Cilliers, Noord-Kaap-produsent, se mieliesukses

• Hoe die VKB Groep se beursprogram loopbane bou

Baie geluk aan Gregory King, wat vanaand tydens Agri Oos-Kaap se kongres in Jeffreysbaai as die Oos-Kaap se Jongboer van...
05/08/2026

Baie geluk aan Gregory King, wat vanaand tydens Agri Oos-Kaap se kongres in Jeffreysbaai as die Oos-Kaap se Jongboer van die Jaar vir 2026 aangewys is.

As lid van die Winterberg Boerevereniging lewer hy ’n betekenisvolle bydrae tot die landboubedryf deur sy gemengde vee- en wildboerdery, wat ’n Dormerstoet, Merino- en Dormerkruisskape, Rooi Angus-, Beefmaster- en Brahmanbeeste insluit.

Dankie aan Agri Oos-Kaap vir die ondersteuning en ontwikkeling van die volgende geslag landbouleiers.

Ons wens Gregory alle voorspoed toe terwyl hy die Oos-Kaap op die nasionale verhoog verteenwoordig!

📷: Agri Eastern Cape

04/08/2026

Rian van Wyk, ’n produsent van die Sterkrivier-vallei wat ’n verskeidenheid gewasse verbou, het onlangs tydens ’n nasionale XCO-fietsrybyeenkoms in Bloemfontein teruggekyk op ’n uitdagende produksieseisoen terwyl hy sy dogter ondersteun het.

Toe ’n spilpuntstelsel net voor die aartappelaanplantings breek, was dit vir hom waardevol om ’n span in sy netwerk te hê wat kon help om die probleem vinnig op te los.

Vir Van Wyk gaan boerdery oor wat op die plaas gebeur en die mense wat saam met jou deur moeilike tye stap.

“Partykeer het die persoon wat deelneem ook iemand nodig wat langs die baan staan en hulle aanmoedig," sê hy.

Op die fietsroete én op die plaas bly die ingesteldheid dieselfde: Hou aan vorentoe beweeg, druk deur uitdagings en vertrou op die werk wat reeds ingesit is.

“Toerisme is moeilik, maar lekker. Boerdery is moeilik, maar lekker. Gholf is nét lekker!” sê die Du Plessis-familie in ...
03/08/2026

“Toerisme is moeilik, maar lekker. Boerdery is moeilik, maar lekker. Gholf is nét lekker!” sê die Du Plessis-familie in die Swartwater-omgewing.

Wat as ’n droom van net drie putjies langs die Limpoporivier ontstaan het, is vandag Sesambos Gholfklub – ’n gewilde Bosveld-bestemming waar landbou en gholf op unieke wyse saamkom.

Met ’n passie vir die plaaslewe en ’n visie om iets besonders te skep, wys die Du Plessis-familie hoe groot drome kan groei.

🔗👇 Lees meer deur op die skakel in die kommentaarafdeling te klik.

📷 Sesambos Gholf klub offisiele Blad

Die onlangse verskaffer-ekspo wat oor twee dae by die NTK Mokopane DC aangebied is, het weer gewys hoe belangrik persoon...
31/07/2026

Die onlangse verskaffer-ekspo wat oor twee dae by die NTK Mokopane DC aangebied is, het weer gewys hoe belangrik persoonlike kontak in die landboubedryf bly.

“Wanneer die Handel- en Fuels-spanne van die VKB Groep saam met verskaffers die geleentheid kry om te netwerk, lekker saam te kuier en te gesels, gebeur daar iets besonders: Mense kry die kans om uit mekaar se ervaring te leer en versterk die bestaande besigheidsverhoudinge tussen die verskaffers en personeel,” sê Marius Loubser, Uitvoerende Hoof: Voorsieningsketting van die VKB Groep

“Modern drone technology is changing agriculture by giving farmers quicker, more accurate, and affordable ways to manage...
31/07/2026

“Modern drone technology is changing agriculture by giving farmers quicker, more accurate, and affordable ways to manage crops and protect their farms,” says Dean van Niekerk, Business Unit Manager for VKB Mechanisation.

Agricultural drones help farmers with tasks like spraying, spreading, crop monitoring, pest control, and security. These tools boost productivity and help lower costs and the need for extra labour.

At VKB Mechanisation’s Drone Day in Tzaneen, visitors saw the latest DJI agricultural and enterprise drones in action. They watched live demos, spoke with technical experts, learned about uses for farming and security, and could arrange service or repairs for their own drones.

🔗🤝 Follow this link to contact the team: https://brnw.ch/21x4zsi

📷 Agrihawk

Address

31 President CR Swart Street
Reitz
9810

Opening Hours

Monday 07:30 - 16:30
Tuesday 07:30 - 16:30
Wednesday 07:30 - 16:30
Thursday 07:30 - 16:30
Friday 07:30 - 16:30
Saturday 07:30 - 12:00

Telephone

058 863 8111

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when VKB Group posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to VKB Group:

Shortcuts

Share