10/08/2026
Ons trokke skuif gewoonlik meubels, bokse en mense se besittings.
Maar hierdie week beweeg ons iets anders ook: HOOP. ๐
Met die vakansiedag is dit โn bietjie stiller by Moeggesukkel Movers, en daarom het ons besluit ons trokke en drywers kan iets besonders met die ekstra tyd doen.
Van vanaand af is ons in die strate van Pretoria om komberse en warm sop uit te deel aan mense wat hierdie bitter koue buite moet trotseer.
Ons het die trokke.
Ons het die drywers.
Ons het die hande.
Nou wil ons hulle vol laai. ๐
Skenk โn kombers.
Ons sal sorg dat dit kom waar dit nodig is.
Wil jy โn kombers of fondse skenk?
๐ฉ [email protected]
By Moeggesukkel Movers glo ons โn trok hoef nie net jou goed te vervoer nie. Dit kan ook hoop vervoer. ๐๐