21/10/2015
GOEIE DAG, PLAAS MY SKRYWE ASB OP U BLAD. BAIE DANKIE - Goeie middag, ek weet nie of ek onthuts moet voel en die gevoel by my ander lang lysie van gevoelens moet bysit nie. Skakel ek so vanoggend n konsultant van n werkverskaffingsburo, net om te moet hoor, jammer maar jy is eintlik te oud, werkgewers kyk na jonger mense want mense van jou ouderdom het nog so 4, 5jaar dan gaan julle op pensioen. WHATTTTTT????? EK HET n MAAND GELEDE 50 GEWORD!!!!! 50, NIE 150 NIE!!!! Meneer, jammer om jou bubble te bars, maar ek het nog n GOEIE 15 jaar voor ek die WETLIKE PENSIOEN STADIUM bereik en dan sal ek NOG STEEDS NIE OP PENSIOEN GAAN NIE WANT EK IS EEN VAN DIE BAIE GARDE WAT MOET WERK TOT EK MY ASEM UITBLAAS AL IS DIT AGTER MY LESSENAAR OOK DAN.
Ek is nog steeds uiters dringend op soek na werk. Hetsy dit n kantoor pos (admin) hetsy dit n caretaker pos of bestuurs/asst bestuurs pos by n oord, koshuis of waar ook al. Verkieslik in n dorpie, Witbank, Middelburg, Ermelo, Parys........enige dorpie.
Ek beskik oor baie jare kantoor ondervinding, was ook in die gasvryheid bedryf en sien kans OM OP MY JONG 50 JARIGE OUDERDOM enige nuwe pos aan te leer.......ALS OM VIR MY EN MY SEUN N NUWE LEWE TE SKEP.
Verder kan ek net bynoem, dit is ons ouer garde wat WEET HOE OM TE WERK, WAT WIL WERK, WAT NIE ELKE DAG ONS WERKGEWER SE TYD STEEL DEUR URE OP DIE INTERNET OF FONE TE LE, OF OM SIEK KINDERS DOKTERS TOE TE KARWEI EN TUSSEN SKOOL AKTIWITEITE TE MOET ROND RITS NIE.
Ek soebat vandag dat alle diskriminasie hetsy dit, matriek, ouderdom en en en gestop moet word. Wees regverdig, kyk na die cv, nooi vir n onderhoud en maak dan n regverdige besluit.
Indien daar enige werkgewer daar buite is wat vir hierdie "OU FOSSIEL" n werk het, wat haar die geleentheid kan gun om te bewys wat in haar steek en sy nie n "OU FOSSIEL" is nie, kontak my asseblief want dit was al rerig dringend verby dat ek n werk moet bekom. EK WIL WERK, OOR EK MOET WANT EK MOET KAN LEEF, EK WIL WERK OOR EK KAN WERK EN NOG NOOIT BANG WAS VIR WERK NIE, EK WIL WERK OOR DIT VIR MY N PLESIER IS OM VAN DIENS VIR ANDER TE KAN WEES.
Asseblief moet my nie kontak met WERK VAN DIE HUIS SKEMAS nie want ek stel nie belang daarin nie, ook nie as agent vir een of ander skoonheidshuis of mediese fonds nie, daar is hopeloos te veel daarvan in die mark en was ek nog nooit in my lewe n agent wat op n kommisie basis wil werk nie want dit gaan my nie help nie. Ek soek n werkgewer met n vaste werk en n vaste inkomste, iemand wat dankbaar en trots sal wees om my op sy/haar span/firma te he.
My epos adres weereens : - [email protected]
Of andersins laat my asseblief n sms in my messages.
CV beskikbaar alleenlik vir die wat ernstig is om my n werk aan te bied. (ek het al gekry dat mense CV aanvra en ek hoor niks verder van hulle nie, dit is ongepoets, mens skep nie n vals hoop by iemand wat reeds te pletter op die grond is nie)
Baie dankie en n geseende week verder aan almal.
Groette
Liza