Op Reis na Nêrens

Op Reis na Nêrens Twee pensionarise, een droom… om nêrens heen te gaan nie. Padkos, pitstops & hope stories.

🚐 Op reis na nêrensJeffreysbaai – Donderdag tot Sondag 🌊Ons reis het rustig voortgegaan, sonder ’n vaste plan of ’n groo...
20/09/2026

🚐 Op reis na nêrens

Jeffreysbaai – Donderdag tot Sondag 🌊

Ons reis het rustig voortgegaan, sonder ’n vaste plan of ’n groot bestemming op die horison. Net ons, die karavaan en die pad… op reis na nêrens. 😎🚐

🌿 Donderdag

Ons eerste stop was by Old Nick Village, waar ons eers ’n lekker ontbyt geniet het. ’n Mens kan mos nie op ’n roadtrip wees sonder om plek te maak vir ’n goeie ontbyt nie! 😋

Van daar af is ons Jeffreysbaai toe, waar ons by die karavaanpark kamp opgeslaan het. En wat ’n lekker plek! Ons het ’n pragtige uitsig oor die see gehad en kon sommer net rustig raak en die see geniet. 🌊

Die aand was dit tyd vir ’n lekker ete by Die Walskipper. Pieter het die oxtail gekies en ek het vir die lamtjops gegaan. En moet ek sê… daardie lamtjops was uit die boonste rakke! 👌🥩

Die atmosfeer was net so lekker soos die kos, met ’n knus kaggel wat die aand sommer ekstra spesiaal gemaak het. 🔥 ’n Mens kan darem nie veel beter vra as goeie kos, ’n warm kaggel en die regte geselskap nie.

⛳️ Vrydag

Vrydag was dit tyd om die gholfstokke nader te trek en Jeffreysbaai Gholfklub aan te pak.

Met al die reën was die fairways baie nat en sommige dele was ook lanklaas gesny. Dit het die spel natuurlik ’n bietjie interessanter gemaak! 😂 Maar nietemin het ons lekker gespeel en die dag op die baan geniet.

Later die aand het ons by The Flaming Greek gaan eet. 🍕 Ons het ’n pepperoni-pizza en Cajun chicken wings bestel, en dit was baie lekker!

Die restaurant het ’n lekker moody atmosfeer gehad, perfek vir ’n Vrydagaand ná ’n dag van gholf. 🍕🍗

☀️ Saterdag

Saterdag het ons besluit om die wekker maar ’n bietjie te ignoreer en lekker in te lê. 😴

Geen gejaag nie, geen groot planne nie, net rustig wees en die dag vat soos hy kom.

Ons het later lekker gebraai en vir ’n rukkie selfs die son gesien! ☀️ Na al die reën was dit ’n welkome gesig.

Ons het ook ’n draai by die mall gemaak en sommer net die dag rustig geniet. Partykeer is dit presies wat ’n mens op vakansie nodig het, niks wat moet gebeur nie.

👋 Sondag

En toe is dit alweer Sondag.

Vandag pak ons weer op en vertrek na Sammy, waar ons vir ’n paar dae gaan kuier. 🐶

En so kom hierdie deel van ons klein avontuur tot ’n einde. Van lekker ontbyte, goeie restaurante tot gholf, reën, son en ’n pragtige see-uitsig. Jeffreysbaai het ons beslis goed behandel. 🌊❤️

Die lekker van ’n reis soos hierdie is dat jy nie altyd ’n bestemming nodig het nie. Soms is die beste deel bloot om die pad te vat, nuwe plekke te ontdek en te sien waar die volgende dag jou bring.

So toer ons verder… steeds op reis na nêrens. 🚐💨

Tot volgende keer! 👋❤️

Woensdag 🌧️Buffelsbaai het ons vandag weer met ’n reënerige welkom begroet! 🌧️ Ons het besluit om maar rustig te vat en ...
17/09/2026

Woensdag 🌧️

Buffelsbaai het ons vandag weer met ’n reënerige welkom begroet! 🌧️ Ons het besluit om maar rustig te vat en die weer sy ding te laat doen. Teen so 2 uur het die wolke darem begin oopbreek en kon ons weer ’n bietjie van die buitelewe geniet.

Teen etenstyd was ons lus vir iets lekker, en toe is dit koers na Sirocco. Pieter het vir die ribeye gegaan en ek het die lamb curry gekies. En wow… die kos was amazing! 😋 Albei disse was heerlik en dit was die perfekte afsluiting van ’n nat, maar lekker rustige dag.

Buffelsbaai Karavaanpark is beslis een van die mooiste plekke waar ons al ooit gestaan het. 🌊🏕️ Die natuurskoon, die rustigheid en die gevoel van ruimte maak dit regtig ’n spesiale plek.

Ek kan my net indink hoe ongelooflik dit hier moet wees in die hoogseisoen, wanneer alles lewe en die park vol vakansiegangers is. Maar vir ons was hierdie rustiger tyd van die jaar ook iets besonders. ‘n Bietjie stilte, asemhaal en net die natuur geniet. 🌿❤️

Buffelsbaai, jy het beslis ’n stukkie van ons harte gevat!

Donderdag 🚗💨

Vanoggend vroeg uit die vere en begin oppak. Die kar word weer gepak, ons is gereed vir die volgende been van ons avontuur!

Volgende stop Jeffreysbaai! 🌊🏄‍♂️

Ons hoop maar die weer besluit om saam met ons te reis en dat die son ons daar gaan inwag. 😉☀️ Wie weet watter avonture wag om die volgende draai!

Op reis na nêrens 🌍🚐BuffelsbaaiMaandag 🌧️Reën en nog reën! Die mis het so dik oor die see gelê dat jy letterlik niks kon...
16/09/2026

Op reis na nêrens 🌍🚐

Buffelsbaai

Maandag 🌧️

Reën en nog reën! Die mis het so dik oor die see gelê dat jy letterlik niks kon sien nie. 🙈🌫️

Uiteindelik, toe die reën ophou, besluit ons om Knysna toe te gaan. Ons wou graag 9 gate gaan speel ⛳️, maar ongelukkig was die baan toe.

Toe maar eet! 😋 Ons gaan eet by Drydock. Pieter vat die seafood platter en ek gaan vir die prawn curry 🍤. Albei was baie lekker, beslis ’n goeie plan vir so ’n koue, nat dag!

Maar toe raak dit weer koud en begin die reën sommer van voor af. 🌧️🥶

Ons besluit toe dis tyd om terug te gaan karavaan toe en vroeg in die kooi te klim. Party dae op reis is mos maar net ’n bietjie nat en koud! 😂

Dinsdag ☀️⛳️

Vandag is dit ’n mooi sonskyndag vir ons! ☀️ Wat ’n verskil maak ’n bietjie sonskyn.

Ons gaan speel golf by Puzula ⛳️. OMW, wat ’n moeilike baan vir my! 😳 Ek het heeltemal my groove verloor. Ek dink ek moet maar begin tennis speel! 🤦🏼‍♀️😂

Pieter, daarenteen, het weer ’n goeie game gespeel. 👍🏻🏌️‍♂️

Terug by die karavaan maak ons dadelik vuur. 🔥 Vandag braai ons ’n lekker tjoppie, yummm! 😋🥩

Dit begin egter weer koud raak, so ons besluit om nie te lank te wag nie. Vroeg in die kooi vir ons vanaand. 🥶🛌

En so gaan die Buffelsbaai avontuur voort, een dag sonskyn, een dag reën, maar altyd lekker saam! ❤️🚐

🌊 Op reis na nêrensHartenbos/Buffelsbaai SondagTyd om weer op te pak. Buffelsbaai wag vir ons! 🏕️ Die weer is koel en mi...
14/09/2026

🌊 Op reis na nêrens

Hartenbos/Buffelsbaai

Sondag

Tyd om weer op te pak. Buffelsbaai wag vir ons! 🏕️ Die weer is koel en mistig 🌫️, maar darem is dit nie ver om te ry nie.

Gelukkig besluit die son om so nou en dan kop uit te steek. ☀️ Ons stop vir middagete by Riverdeck. Pieter kies die seekosplatter en ek gaan vir die bobotie. 😋 Wat ’n pragtige plek, en die kos was sommer baie lekker!

Maar toe besluit die weer om weer te draai. Die wind waai en dit raak koud! 🥶 Ons kry darem ’n stunning karavaankamp reg op die punt van die dorp , ’n mens kan nie vir ’n beter ligging vra nie. Ons slaan vinnig kamp op en maak onsself tuis.

Later is dit tyd vir F1. 🏎️ Kimi wen weer! Norris, ons wou so graag hê jy moes wen, maar die luck was ongelukkig nie aan jou kant nie. 😉

Vroeg in die kooi vanaand. 🛏️ Hopelik is die weer môre ’n bietjie vriendeliker en kan ons die dag behoorlik geniet.

Tot môre… 🌅
Op reis na nêrens ❤️

🌍 Op reis na nêrens 🌍Vandag was een van daardie dae op reis waar die weer nie heeltemal saam met ons planne wou werk nie...
10/09/2026

🌍 Op reis na nêrens 🌍

Vandag was een van daardie dae op reis waar die weer nie heeltemal saam met ons planne wou werk nie. 😄 Die son was nêrens te sien nie, net ’n dik kombers van wolke oor die see. ☁️🌧️ Maar selfs ’n bewolkte dag het sy eie mooi oomblikke wanneer ’n mens rustig is en sommer net die tyd geniet.

Pieter het vandag weer sy gholfstokke nader getrek en by Pinnacle Point gaan speel. Gelukkig was dit ’n baie beter dag op die baan as gister! ⛳️🏌️‍♂️ Ek het hom vergesel na die laaste aand se ete en prysuitdeling. ’n Heerlike ete, lekker mense om die tafel en goeie geselskap het die dag sommer mooi afgesluit. 🍽️🏆

Intussen het ek ook my eie belangrike “reisprojek” afgehandel, my hele strykwerk is klaar! 😂🙌 Dankie tog, nou is die klere weer netjies in die kaste en kan ons verder reis sonder daardie taak wat heeltyd in die agterkop pla.

Ons het die aand rustig afgesluit en sommer vroeg in die kooi gekruip. 🛏️✨ Want môre wag daar weer ’n nuwe dag, nuwe paaie en hopelik ’n bietjie meer sonskyn.

Môre gaan ons die omgewing bietjie explore en kyk waarheen die pad ons vat. 🚗🌿📸 Dis mos die lekkerte van reis – jy weet nie altyd presies wat die volgende draai gaan bring nie.

Lekker aand vir almal. Vrede & mooi drome. ❤️
Môre is nog ’n bladsy in ons reisverhaal…

🌍 OP REIS NA NÊRENS 🚐Dinsdag & WoensdagDinsdag 🏌️‍♂️☀️Pieter het vandag gaan golf speel by die pragtige Pezula Golfbaan ...
10/09/2026

🌍 OP REIS NA NÊRENS 🚐
Dinsdag & Woensdag

Dinsdag 🏌️‍♂️☀️

Pieter het vandag gaan golf speel by die pragtige Pezula Golfbaan in Knysna. Die weer was sommer lekker warm 🥵 en die golf was goed, so ons kla nie! ⛳️

Sammy en die honde is vandag weer terug huis toe. 🏡🐶🐶 En nou begin die verlange maar weer❤️ Mens besef nogal vinnig wie eintlik die belangrikste lede van die geselskap is! 😂

Ek het intussen besluit dit is hoog tyd om iets aan my hare te doen, way overdue! 👩‍🦳✂️😂 Ek het begin lyk asof ek self ook op ’n langtermyn kampeertrip is! 🤣

Verder was dit wasgoeddag 🧺. Die klere in die kas raak nou al hoe minder, en die wasgoed raak natuurlik meer! 🤣 Ek dink ons is amper by die stadium waar ’n mens môre maar dieselfde T-hemp as vandag moet aantrek en hoop niemand onthou nie. 😂

Woensdag 🏌️‍♂️🥵

Vandag was dit Pieter se beurt om by Simola Golfbaan in Knysna te gaan speel. Die weer was weer lekker warm 🥵, maar die golf was hierdie keer maar so so. ⛳️😜

Vir my was wasgoed weereens my voorland. 🧺 Gelukkig is dit nou darem klaar! Want blykbaar is dit my nuwe stokperdjie op hierdie reis. Ek het al soveel wasgoed gewas dat ek begin dink ek moet ’n wasmasjien lojaliteitskaart kry. 🤣

Daarna was dit tyd vir ’n karavaan spring clean 🧽🧹. Mens besef eers hoeveel goedjies daar rondlê wanneer jy ’n behoorlike skoonmaak aanpak!

En wat is beter as om te stryk terwyl ek Netflix kyk? 📺👚😂

Dis nou nie juis die avontuurlikste dagboekinskrywing ooit nie, maar hey… iemand moet mos die harde werk doen terwyl die ander een golf speel! 😂😂

Dis omtrent al die opwinding vir my vandag, ons is mos op reis na nêrens! 😉🚐❤️

🚐❤️ Op reis na nêrens , waar elke dag ’n avontuur is al bestaan die avontuur soms net uit wasgoed en ’n warm strykyster! 😉

🌍OudtshoornTerwyl Pieter vandag die gholfstokke op Mosselbaai gaan swaai het ⛳️, het ek en Sammy besluit op ’n lekker da...
07/09/2026

🌍Oudtshoorn

Terwyl Pieter vandag die gholfstokke op Mosselbaai gaan swaai het ⛳️, het ek en Sammy besluit op ’n lekker daguitstappie na Oudtshoorn.

🦇 Eerste stop: Cango Caves
Wow… wat ’n ongelooflike ervaring! 😍 Dit voel amper out of this world. 🌎 Die grotte is asemrowend en beslis iets wat jy self moet beleef.

🍷 Volgende stop: Karusa Vineyards & Wines
Tyd vir ’n bietjie wynproë! 🍷 Dit was my eerste keer wat ek die wyn geproë het en ek moet sê,not too bad! 😉 Ek dink daar is dalk ’n nuwe wynliefhebber in wording.

En toe: Safari Ostrich Farm
Nog ’n hidden gem! Wat ’n lekker ervaring. Ons het dit absoluut geniet en ek sal hierdie plek definitief aanbeveel vir enige iemand wat Oudtshoorn besoek.

Nog ’n dag vol nuwe ervarings, mooi herinneringe en plekke wat sommer net jou hart bly maak. ❤️

📖 Nog ’n dag vir die Boeke!

Hartenbos 🌊Weereens koud en winderig vanoggend! 💨🥶 Maar dit keer ons natuurlik nie om die dag te geniet nie.Ons het ontb...
07/09/2026

Hartenbos 🌊

Weereens koud en winderig vanoggend! 💨🥶 Maar dit keer ons natuurlik nie om die dag te geniet nie.

Ons het ontbyt gaan eet by Salt & Copper in Hartenbos, waar ons lekker cozy by die warm kaggel gesit het. 🔥☕ Die kos was absoluut delicious! 😋

Daarna het ons weer ’n hidden gem ontdek, Lion’s Creek Valley. 🍸🥃 ’n Heerlike Gin, Rum & Mampoer tasting! Pieter het dapper die Mampoer aangepak 😉, terwyl ek en Sammy die gin geproë het. 🍸 Die foto’s vertel sommer die hele storie! 📸😂

Later het ons die honde strand toe geneem vir ’n lekker stap. 🌊🐾 Wel… die wind het ons amper weg gewaai! 😂💨 Maar dit was steeds heerlik om buite te wees.

Van daar af terug om die F1 race te kyk. Well done, Kimi! 🏆🏎️

En natuurlik kan ’n dag nie eindig sonder lekker kos nie 😋 Ons het die aand afgesluit met sushi by Oyster Bar. 🍣 🥢

So eindig nog ’n koue, winderige, maar propvol lekker oomblikke dag in Hartenbos. ❤️

🌍 Op reis na nêrens – Hartenbos ⛺️Vroegoggend, 3-uur… 😴 Kom Harley’s in die kamp aan na hulle lekker in die dorp gekuier...
05/09/2026

🌍 Op reis na nêrens – Hartenbos ⛺️

Vroegoggend, 3-uur… 😴 Kom Harley’s in die kamp aan na hulle lekker in die dorp gekuier het. Nou moet die tent ⛺️ opgeslaan word en die air mattress opgeblaas word. 🤦🏼‍♀️ Wel… wakker is ons! 😂

Om 8-uur bied ons vir hulle koffie ☕️ en koekies aan mens kan mos nie op ’n leë maag kamp nie! 😉

10-uur: Jakkelsvlei, hier kom ons! 🍷

Ons vat elkeen ’n ander wynparing 🍷😉 en toe kom die hoofmaal…

🍖 Lamb shank
🥩 Short rib
🍕 Pizza
🍝 Mince cannelloni

Dit was YUM YUM! 😋🍷

Rugby gekyk! 🏉🇿🇦 Wat ’n game, Bokke! Julle het ons nervous gehou in die 1ste helfte 🫣😂 maar soos altyd… het julle ’n wen vir ons gegee! 🙌🇿🇦

Niks soos ’n Bokke wen om die reis nog lekkerder te maak nie! 💚💛

Hartenbos, jy begin nou lekker voel soos ’n avontuur! ❤️

Op reis na nêrens 🌿🚐Hermanus ➡️ HartenbosVanoggend vroeg wakker geword vir die lang pad Hartenbos toe. Ek was nogal bang...
05/09/2026

Op reis na nêrens 🌿🚐

Hermanus ➡️ Hartenbos

Vanoggend vroeg wakker geword vir die lang pad Hartenbos toe. Ek was nogal bang dat ons in die reën sou moes oppak, maar gelukkig het die reën ons gespaar. 🙏🏻

Die pad was weereens rustig, met min verkeer, en die natuurskoon was eenvoudig pragtig. Dis een van die lekker dinge van hierdie reise – jy kan net rustig ry en die wêreld om jou geniet. 🌿

Ons het by Delish in Heidelberg gestop vir ’n lekker ontbyt. ’n Omelet met mince… 🤤 Nou dít is ’n goeie manier om ’n langpad te begin!

Teen 12-uur het ons begin om die kamp op te slaan. Die wind was baie erg! 🌬️ Maar ons het deurgedruk en uiteindelik alles reggekry.

Sammy het later vir ons kom kuier, saam met my hondekinders. ❤️ Dit was só lekker om hulle weer te sien. Ek het gemaak asof ek hulle nie sien nie en sommer net verby geloop. 😂 Peanut het my dadelik herken, maar Benji was heeltemal in sy eie explorer-wêreld! 🐶❤️

Later het ons heerlike pizza by Pizza e Vino gaan eet. 🍕 En toe besluit ons sommer om ten-pin bowling te gaan speel! 🎳 Dit was nou lekker! Ek kan nie eers onthou wanneer laas ons gespeel het nie, maar ons het dit behoorlik geniet.

’n Lang dag, ’n paar spesiale kuieroomblikke, lekker kos en ’n bietjie pret – presies waarvoor ’n mens op reis is. ❤️

Môre wag Jakkalsvlei en ’n bietjie wynproe! 🍷
Kan nie wag nie! 🥂

Address

Parys

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Op Reis na Nêrens posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share